Ecsponent se direksie is finaal aanspreeklik vir die Groep se besluite en prestasie. Dit sluit in die beskerming en uitbreiding van sy welvaart en hulpbronne. Net so ook tydige en deursigtige verslagdoening en dat daar altyd in die beste belang van die Groep en sy belanghebbendes opgetree sal word.

 

Ons komitees vergader almal onafhanklik, maar rapporteer direk aan die direksie wat hul besluite moet goedkeur voor dit geïmplementeer kan word. Die komitees werk almal ingevolge ‘n goedkeuringshandves waarin hul rolle gedefinieer word.

 

Keith Rayner is aangestel as voorsitter van die maatskappy se Oudit- en Risikokomitee en is ook lid van die Sosiale en Etiese komitee.

Keith dien op verskeie direksies en is onder meer voorsitter van Sibanye Stillwater se Ouditkomitee en is sedert 2011 ‘n direkteur van Ecsponent. Hy is die voormalige voorsitter van die Vergoedings- en Nominasiekomitee en is ‘n kundige van die Suid-Afrikaanse regulerende en handelsomgewing.

 

Patrick Matute word voorsitter van die Nominasie- en Vergoedingskomitee.

Hy is in 2016 aangestel as nie-uitvoerende direkteur in Ecsponent se direksie. Sy uitgebreide ondervinding in finansiële dienste, korporatiewe finansies en private beleggings Suid van die Sahara beteken dat hy ‘n waardevolle bydrae tot Ecsponent se strategie lewer.

 

George Manyere word uitvoerende vise-voorsitter van die direksie.

Sy ondervinding by die Internasionale Finansieringskorporasie (IFC) en sukses met die groei en aanbieding van Brainworks was van onskatbare waarde in ons institusionele kapitaalinvorderingsinisiatiewe en die bestuur van ons Afrika-groepagenda. Met die oog op die strategiese uitbreiding van Afrika, speel George ‘n kritieke rol.

 

Die res van die direksie bestaan uit Richard Connellan as voorsitter, Terence Gregory as uitvoerende hoof, Dirk van der Merwe as finansiële direkteur en Willem Oberholzer as onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die Sosiale en Etiese komitee.

 

Vir verdere inligting oor die direksie, besoek www.ecsponentlimited.com/leadership-team/

 

Laai Nuusbrief af in PDF