In 2018 het ons planne aangekondig om in hernieubare energieprojekte suid van die Sahara te belê.

 

Een van hierdie aandelebeleggings was om steun aan Invest Solar Africa Limited, ‘n Botswana-gebaseerde hernieubare energiebelegger en onafhanklike kragprodusent (IPP), te verskaf.  Hierdie Pan-Afrika-maatskappy beoog om deur middel van ‘n aanvanklike openbare aanbod (AOA) op die waagkapitaalmark van die Botswana Effektebeurs te noteer.

 

Invest Solar se eerste projek is die Havara-sonkragaanleg, wat die vermoë het om 22 megawatt by Zimbabwe se kragnetwerk te voeg en wat in die tweede kwartaal van die jaar geloods sal word. Benewens die aanvanklike 22MW, word ‘n bykomende 20MW as ‘n tweede fase beplan.

 

Deur middel van sy verskaffings-netwerk het die Ecsponent-groep plaaslike verskaffers in die streek in staat gestel om groot hoeveelhede toerusting, soos batterye, sonpanele, wisselaars en transformators, aan verskeie hernieubare energieprojekte te lewer. Ecsponent het reeds deur middel van sy gespesialiseerde verkrygingsbesigheid bestellings van meer as US$17.4 miljoen ontvang.

 

Terwyl ons ondersteuning vir hierdie en ander hernieubare energieprojekte voortduur, het die bestuur van Invest Solar ‘n strategiese besluit geneem om die AOA te vertraag om saam te val met die inbedryfstelling van die Havara-aanleg. Gevolglik het Ecsponent vandag aangekondig dat ons nie ‘n omsendbrief aan aandeelhouers sal uitreik om die AOA te ondersteun nie. Dit sal later weer onderhandel word sodra die  AOA geherskeduleer is. Beleggers sal ook aangemoedig word om in Invest Solar Africa te belê, sodra die Havara-projek begin funksioneer.

 

Laai Nuusbrief af in PDF