Donderdag 21 Februarie 08:00 – 09:00

Radio-uitsending van Begrotingstoespraak, gevolg deur ‘n paneelbespreking waaraan Ecsponent deelneem

Die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni, sal op

20 Februarie sy lank verwagte begrotingsrede lewer.

Skakel in op Pretoria FM vir ‘n ontleding van die toespraak en watter invloed die begroting op jou sal hê. Willem Oberholzer, direkteur en belastingkenner van Ecsponent, sal saam met Dawie Roodt (Efficient Group), Magnus Heystek (Brenthurst Wealth) en Dawie Maree (FNB) aan die paneelbespreking deelneem.

 

Dinsdag & Woensdag 19 – 20 Maart

Derdeparty Risikobestuurskonferensie

Terence Gregory, uitvoerende hoof van Ecsponent, is een van die aanbieders van hierdie konferensie wat sal fokus op die risiko en strategie van verskaffingsbestuur.

 

02 – 11 April

Ecsponent se nasionale beleggingstoer

Teken die datum aan vir ons volgende nasionale beleggings-toer wat sal gaan oor die markte, beleggingstendense en verwikkelinge in die maatskappy. Meer inligting en die spesifieke datums en plekke sal in die volgende uitgawe van Ecsponuus verskyn.

 

Laai Nuusbrief af in PDF