Vroeg in Desember het ons aangekondig dat Ecsponent ‘n prospektus van ‘n R10 miljard binnelandse medium-termynprogram (BMTN-program) vrygestel het. Hierdie nuwe beleggingsopsie bied unieke voordele vir beleggers en skep ook geleenthede vir groei vir die groep.

 

Wat is genoteerde mediumtermynnotas?

 

JSE-genoteerde mediumtermynnotas bied ‘n alternatief vir beleggers wat ‘n gereelde inkomste en bogemiddelde rentekoerse wil geniet. Hierdie instrumente is maklik om te verstaan, eenvoudig en goedkoop om in te belê en bied ‘n verskeidenheid alternatiewe.

 

Wie kan in mediumtermynnotas belê?

  • Enige regspersoon, insluitende trusts
  • Enige persoon van 18 jaar of ouer

 

Wat is die kenmerke van notas?

Hierdie notas bied:

  • Stabiele, voorspelbare inkomste met maandelikse rentebetalings.
  • Vaste driejaartermyn, met die opsie om op die JSE te koop en verkoop.
  • ‘n Maklike en goedkoop beleggingsalternatief.
  • Dat inkomste van vrygestelde rentetoelaes afgetrek kan word.
  • ‘n Alternatiewe bateklas vir beleggers wat hul portefeuljes wil diversifiseer.

 

Hoe om te belê

Die kleinhandelnotas kan in eenhede van R100 gekoop word met ‘n minimum beleggingsvereiste van R10 000. Sodra genoteer is, kan dit by die JSE verhandel word.

Vir verdere inligting, tree in verbinding met jou adviseur by Ecsponent.

 

Watter koerse word aangebied?

 

Soort Koers* Minimum belegging
Zero Koepon** 10.66% R10 000
Wisselende Koers Prima rentekoers + 1.5% R10 000
Vaste Koers 9% R10 000
Vaste Koers 10% R100 000
Vaste Koers 12% R1 000 000

 

* Nominale jaarliks koers wat maandeliks saamgestel word (NJSM).
** Kapitaal en rente betaal aan die einde van die beleggingstermyn.

 
Laai nuusbrief in PDF af