Skaars ‘n jaar gelede was die leierskap van Suid-Afrika en sy regerende party nog nie in die hande van president Cyril Ramaphosa nie.

 

Ons soewereine skuld is afgegradeer deur twee van die top drie internasionale agentskappe hiervoor, en die gevolge van Steinhoff se ineenstorting was nog nie duidelik nie.

Twaalf maande later blyk dit dat plaaslike beleggers in ware Suid-Afrikaanse styl nie afgeskrik is deur wêreldgebeure, ekonomie of politiek nie. Nie eens die verwagte wettiging van grondonteiening kon afbreuk doen aan die groeiende plaaslike beleggingsmark nie.

 

Hierdie sentiment word ondersteun deur syfers van kollektiewe beleggings in die derde kwartaal wat pas deur die Vereniging vir Spaar en Beleggings in Suid-Afrika (VSBSA) uitgereik is. Suid-Afrikaanse aandele portefeuljes het ‘n sterk netto invloei van R16 miljard vir die jaar, geëindig September 2018, aangeteken en R20 miljard is uit buitelandse portefeuljes onttrek.

 

Dit kan ‘n aanduiding wees van hernieude beleggersvertroue in Suid-Afrika, soos gesien tydens die suksesvolle Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie en die Werksberaad wat in Oktober 2018 gevolg het. Voeg hierby die onlangs gepubliseerde BBP-groei syfers wat die land uit die resessie gelig het en dit wil lyk of die donker wolke ‘n silwer randjie begin kry.

 

Die ondersteuning van die persepsie van groeiende optimisme is onlangs uitgelig in ‘n verslag van die ouditeursfirma, PwC, getiteld “Waarom Suid-Afrika, en waarom nou? Vooruitskouende scenario’s vir die Ramaphosa-presidensie (2018-2022)”. Dit voorspel ‘n 75% kans op verbeterde ekonomiese groei (wat die bevolkingsgroeikoers oorskry) oor die volgende vyf jaar.

 

Die verslag beweer sedert president Ramaphosa die leierskap van die party en regering oorgeneem het, is dit vir plaaslike en internasionale beleggers die regte tyd om in SA te belê. Dit toon ook ‘n hoë waarskynlikheid dat die Suid-Afrikaanse ekonomie teen 2022 in ‘n baie gesonder posisie as nou sal wees.

 

Daarbenewens het die A.T. Kearney FDI Confidence Index 2017 vir Suid-Afrika ingesluit op hul lys van 25 ekonomieë wat waarskynlik buitelandse beleggings gedurende 2018-2020 sal lok. Dit is die eerste keer sedert 2014 dat ‘n Afrika-land in dié verslag verskyn het, gebaseer op bestuurders van C-vlak van maatskappye met ‘n jaarlikse inkomste van $ 500 miljoen of meer.

 

As deel van sy New Deal voor sy verkiesing, het president Ramaphosa aangedui die herstel van vertroue onder beleggers is sy onmiddellike prioriteit.

 

Hy het gesê hierdie herstel verg dringende maatreëls om:

  • beleidsekerheid te bereik,
  • institusionele stabiliteit te verbeter,
  • die geloofwaardigheid van die strafregstelsel te herstel, en
  • die politieke wil te toon om die ekonomie te omskep.

 

Die beleggingskonferensie was ook ‘n noodsaaklike openbare beeldpoets-oefening om beleggersentiment ten opsigte van Suid-Afrika ná jare van negatiwiteit te herstel. In ‘n sekere mate is dit bereik, nie net as gevolg van die beloftes wat gemaak is nie, maar ook oor die feit dat sake en owerhede bymekaar gekom het om Suid-Afrika as ‘n wenslike beleggingsbestemming te onderskryf.

 

Die Werksberaad se tema was “Saam Skep ons Werk” en het die regering, besigheid, arbeid en gemeenskappe byeengebring om werkskepping te bevorder. Die verskillende sosiale rolspelers het ‘n raamwerkooreenkoms onderteken, wat beoog om 275 000 bykomemende werksgeleenthede per jaar te skep. Dit is buiten die werkskepping wat sonder hierdie ingrypings in die ekonomie geskep sou word — gemiddeld sowat 300 000 per jaar.

 

Hierdie gebeurtenisse was onder-steunend vir die ekonomiese herstel, verdere werksverliese te voorkom en nuwe werk te skep.

 

As ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy, ondersteun Ecsponent hierdie strewe van die president met passie en sal ons voortgaan om groei in Suid-Afrika en die res van die vasteland te bevorder.

 

Ons glo daar is oral geleenthede en het baie daarvan tydens ons nasionale bekendstellingstoer met beleggers gedeel. Ons moet net die uniekheid van Afrika besef en die geleenthede wat dit bied, begin ontsluit.

 
Laai nuusbrief in PDF af