Die duiwel is in die fynskrif

Een van die grootste redes waarom beleggers geld verloor, is omdat hulle swig voor aanbiedinge met onrealistiese opbrengste op aandele, effekte, effektetrusts, vaste eiendom of ander bateklasse.

Sodra hulle hul vingers verbrand, word uiters versigtige alternatiewe soos ‘n vaste deposito dikwels gekies. Nie net is hul opbrengste vasgestel nie, maar hulle kan ook van die SA Inkomstediens se rentekoersvrystelling gebruik maak.

Die opbrengste wat afsonderlik gekwoteer word, kom gewoonlik nie sonder voorwaardes nie. Soos hulle sê, die duiwel skuil in die fynskrif en as jy dit nie sorgvuldig lees nie, kan ‘n produkaanbod van 13% op sigwaarde, in werklikheid minder of dieselfde beteken as ‘n ander produk wat ‘n deursigtige 11% aanbied.

Die mag van saamgestelde opbrengste

Albert Einstein het saamgestelde opbrengste as die agtste wonder van die wêreld beskryf en gesê: “Hy wat dit verstaan, verdien dit… hy wat nie…betaal dit. Saamgestelde rente is die kragtigste mag in die heelal… die grootste wiskundige ontdekking van alle tye.”

Die beginsels van saamgestelde groei is eenvoudig. In die eerste jaar van belegging word ‘n opbrengs op jou kapitaal getoon. In die tweede jaar belê jy die kapitaal (jou aanvanklike belegging) plus die opbrengs en jy verdien verdere opbrengste op die totaal. As dit jaar na jaar herhaal word, verdien jy opbrengste, nie net op jou oorspronklike kapitaal nie, maar ook op jou groeiende opbrengste.

Kyk na die tabel hier bo. Twee beleggings van R100 000 is op dieselfde dag gemaak. Die een teen 13% nominale rente en die ander teen 10% saamgestelde rente. Terwyl die nominale opsie van 13% aanvanklik groter opbrengste lewer, is die effek van saamgestelde groei spoedig hoër as die nominale koers. Ná twintig jaar sal die beleggingswaardes onderskeidelik R360 000 en R672 750 wees.

 

Bepalings en voorwaardes geld altyd

Waarom hierdie teenstrydigheid? Kyk na die sterretjie langs die 13%, wat verwys na die fynskrif wat waarsku dat die aanbod onderworpe is aan die bepalings en voorwaardes.

Terwyl al die syfers korrek is, word dit bereken teen ‘n nominale koers. Wanneer dit saamgestel is, is die opbrengskoers 10.53%. En as jy die rente maandeliks aan jou bankrekening betaal, daal die koers tot 10%. En dan het jy nog bankkoste ook om te betaal!

Kyk in geheel na alle aspekte

Nog ‘n aspek om te oorweeg, is die effek van belasting. Ironies genoeg word dikwels misgekyk dat ‘n hoër rentekoers ‘n belegger na ‘n hoër belastingskaal kan skuif. Dit bevestig die siening dat ‘n holistiese siening nodig is voordat ‘n beleggingsbesluit geneem word.

Die SA Inkomstediens bied ‘n jaarlikse rentevrystelling van R23 800 vir persone onder 65 en R34 500 vir mense oor 65 jaar. Met ander woorde, op enige rente verdien wat die vrystellingsbedrag oorskry, sal dit by jou belasbare inkomste gevoeg word en sal jy dienooreenkomstig jaarliks belas word.

Dividend Terughoudingsbelasting

‘n Verdere alternatief is om te belê in produkte wat ‘n dividendopbrengs bied. Soos beleggings met nominale rente, betaal dividendopbrengste ook ‘n nominale nie-saamgestelde opbrengs. Aan die ander kant is die maksimum belasting wat op dividende betaal word slegs 20%.

Kyk na die fynskrif

Min beleggers is in staat om die volle belastingblootstelling ten opsigte van hul beleggingskeuses te bepaal. ‘n Gekwalifiseerde en geakkrediteerde beleggingsadviseur sal jou help om ‘n holistiese siening van belasting en beleggings te neem, wat ‘n bepalende rol in jou welvaartskepping kan speel.

 
Laai nuusbrief in PDF af