Finansiering van die grootste (22MW) sonenergie-aanleg in Zimbabwe wat deur die inwoners besit word

 

Twee derdes van die inwoners van Afrika, oftewel 620 miljoen mense, het steeds nie toegang tot bekostigbare, betroubare, volhoubare en moderne elektrisiteit nie. Dit is een van die belangrikste ontwikkelingsdoelwitte van die Verenigde Nasies, maar danksy dekades se verwaarlosing en wanbestuur het Afrika vandag van die swakste elektriese netwerke.

 

Afrika se tekort aan energie demp ekonomiese groei, werkskepping en landbou-transformasie. Dit vertraag ook die pogings om gesondheid en onderwys te verbeter.

 

Volhoubare ontwikkelingsdoelwitte in Afrika en wêreldwyd sal slegs bereik kan word indien leiers optree om kwessies rondom energie die hoof te bied.

 

Net so moet hulle die noodsaaklikheid van sosio-ekonomiese hervorming verstaan en bereid wees om elektrisiteit te verskaf wat betroubaar, skoon en bekostigbaar vir almal is.

 

Terwyl Suid-Afrika vasgevang is in fossiel branstofvervaardiging, is die res van Afrika besig om in hernieubare energie te belê om hul eie mense te bemagtig.

 

Dit beteken groot geleenthede vir beleggers in Afrika en dit is waarom die Ecsponent groep in die Pan-Afrikaanse hernieubare energiemaatskappy, Investor Solar Africa Limited, gaan belê.

 

Hierdie “skoon energie vervaardiger” van Botswana het ontwikkelings- en finansieringskontrakte gesluit om 22 Megawatt (MWp) se hernieubare energie ter waarde van $ US23 miljoen* te ontwikkel.

Konstruksie aan die Havara-projek sal in middel November begin. Die terrein is sowat 40 hektaar groot en naby die Bwoni-dorp aan die suidwestelike kant van Harare geleë.  Die plaaslike inwoners van die Bwoni-gemeenskap sal 10% van die projek besit wat deur ‘n gemeenskapsontwikkelingstrust bestuur sal word.

 

Met hierdie belegging en ander wat in die loop van die afgelope finansiële jaar aangekondig is, het Ecsponent se aandeleportefeulje aansienlik in waarde vergroot en dit is tans oor ‘n groot verskeidenheid gebiede in verskillende geldeenhede versprei.

 

* Van die totale projekkoste is US $7 miljoen van Old Mutual Asset Management Zimbabwe verkry en Norsad Finance het finansiering van US $5 miljoen verskaf. Die balans van die projekbefondsing is deur Invest Solar Africa verkry, wat deur Ecsponent Beperk gerugsteun is. Invest Solar Africa sal na verwagting teen die einde van 2018 op die Botswana-aandelebeurs noteer.

 

Sonkrag kan verligting aan miljoene honger mense bring

Afrika, Suid van die Sahara, se  voedselsekerheid is onder bedreiging. Die tragedie beteken dat bykans 224 miljoen mense in 2016 ondervoed was. Die situasie is besig om by die dag te versleg. Teen die huidige groeikoerse sal Afrika net 13% van sy bevolking met sy eie voedselbronne in 2050 kan voed.

 

Wêreldvoedseldag word jaarlikse regoor die wêreld gevier ter ere van die stigtingsdag van die Voedsel en Landbou Organisasie van die Verenigde Nasies.

Die doel van die organisasie is om bewustheid oor voedselsekerheid regoor die wêreld te skep. Die tema vanjaar was: Maatskaplike Beskerming en Landbou: Breek die Siklus van Landelike Armoede.

 

Die belegging in hernieubare energie om voedselsekerheid te bevorder

Hernieubare energie, veral sonkrag, kan ‘n groot verskil aan die lewensgehalte van mense maak deur toegang tot water, tegnologie en inligting te verseker. Dit bied ook alternatiewe maniere van voedselverwerking en kan nuwe werksgeleenthede skep.

 

Geleenthede vir beleggings in die nuwe tegnologie is volop en baie belowend. Beleggings in veral sonkrag kan byvoorbeeld uitstekende dividende in vier gebiede lewer waar die landbou gemoderniseer word.

 

Die artikel is geskryf deur Terence Gregory, uitvoerende hoofbestuurder van Ecsponent, en het in BizNis Africa verskyn.

 

Lees dit hier: www.biznisafrica.com/renewable-energy-and-food-security-trends-in-africa

 

Afrika se elektrisiteit geleenthede

 

1/3 van die mense van Afrika het geredelike toegang tot elektrisiteit

 

8/10 van die mense van Sub-Sahara Afrika maak van oop vure gebruik om hul kos te kook en huise te verhit

 

50% van Afrika besighede meld dat hul bedrywighede en groei gedemp word gebrekkige toegang tot betroubare energie

 

Die uitbreidingskoers van elektrisiteit in Afrika is vandag soortgelyk aan die koers wat in 1970 in China gegeld het

 

$19 miljard word jaarliks benodig om algehele blootstelling aan elektrisiteit in 2030 te verseker

 

Bron: Internasionale Energie-agenstskap en die  Sentrum vir Globale Ontwikkeling