Die JSE se betalingsiklus van aandeletransaksies word vanaf 11 Julie 2016 verkort. Beleggers word daardeur geraak omdat dit die maandelikse dividendbetaaldatums affekteer. Daarom sal die oorskakeling na ‘n korter betalingsiklus die bestaande dividendkalender, wat aandui op watter datum beleggers hul dividende ontvang, wysig.

Die nuwe betalingsiklus sal verander van die T+5 siklus na ‘n korter T+3 siklus, waar T+3 verwys na die aantal werksdae wat verloop vanaf die dag wat ‘n transaksie plaasvind, tot en met die dag wat die transaksie moet vereffen. Die JSE se Dr Leila Fourie, Direkteur, Post-Trade and Information Services, het op CNBC Africa verduidelik wat die voordele van hierdie verandering is.

Transaksies van die week voor 11 Julie, sal onder ‘n T + 5 raamwerk vereffen word terwyl transaksies vanaf daardie week binne die T + 3 siklus sal val. Hoewel die JSE nie groot probleme verwag nie, is 18 Julie as ‘n alternatiewe oorskakelingsdatum aanvaar, ingeval daar wel groot probleme opduik.

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD), wat sekere aktiwiteite van die JSE reguleer, het reeds geruime tyd druk op die JSE uitgeoefen om ‘n korter siklus te aanvaar. Dit is juis om Suid-Afrika aan te laat pas met die internasionale poging om verhandeling te verkort en te voldoen aan die standaarde van die International Organisation of Securities Commissions.

Die korter verhandelingsiklus sal die likiditeit in die Suid-Afrikaanse effekte verbeter en sal bykomende transaksies vir batebestuurders beteken wat hul inkomste sal verhoog. Dit sal ook die geloofwaardigheid en operasionele doeltreffendheid van ons beurs te verbeter, wat sal help om Suid-Afrika ‘n aantreklike beleggingsbestemming te maak.

 

2016 dividendbetalingskalender

2016 Afsnydatum Betaaldatum Dae in siklus
Mei 08-Mei-16 16-Mei-16 28
Junie 05-Jun-16 13-Jun-16 28
Julie 03-Jul-16 11-Jul-16 28
Augustus 09-Aug-16 15-Aug-16 37
September 13-Sept-16 19-Sept-16 35
Oktober 11-Okt-16 17-Okt-16 28
November 08-Nov-16 14-Nov-16 28
Desember 12-Des-16 19-Des-16 34

 

Vir meer inligting, kontak ons asseblief by info@ecsponent.com, en ‘n konsultant sal u skakel.